Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Leer- en Onderrigseminaar: Prof Magda Fourie-Malherbe
Begin: 27/02/2018, 11:00
Einde: 14/03/2018, 11:00
Kontak:Patsy van de Rheede - 021 808 3563
Plek: Venue: Room 3008, Education Building, Ryneveld Street

​Die Viserektor (Leer en Onderrig) nooi u vriendelik uit na 'n seminaar getiteld: Rethinking academic leadership in a managerialist context: the importance of the collegium, the collective, and an ethic of care, op 14 Maart 2018.  Die seminaar sal aangebied word deur prof Magda Fourie-Malherbe van die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde.​

Magda Fourie-Malherbe is professor in Hoëronderwysstudies.  Sy is 'n alumna van die Universiteit van die Vrystaat en Universiteit Stellenbosch, en werk die afgelope 30 jaar as navorser, dosent, studieleier en bestuurder aan verskeie openbare hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika.  Haar navorsing sluit werk in oor hoëronderwysbeheer, -leierskap en –bestuur, onderrig en leer, en transformasie.​

Die seminaar sal die veranderende internasionale en nasionale kontekste wat institusionele beleid en praktyk beïnvloed, in oënskou neem, en aanvoer dat akademiese leiers gevolglik meer oorweging sal moet skenk aan die beskerming van die integriteit van akademiese werk, die betrokkenheid van die gemeenskap en die aanneem van 'n etiek van omgee.  Van hierdie gedagtes is aanvanklik voorgestel tydens 'n Auxin aanbieding oor akademiese leierskap in 2016, en daarna verder ontwikkel, onder andere in gesprekvoering van die Akademiese Leierskap Belangegroep.  Moontlike navorsingsprojekte wat aan die einde van 2017 deur die Belangegroep geïdentifiseer is, sal ter tafel geplaas word vir oorweging en bespreking deur die seminaargangers.​​

Datum: Woensdag 14 Maart 2018

Tyd: 12:45-13:45

Lokaal: Kamer 3008, Opvoedkundegebou, Ryneveldstraat

 

Verversings sal vanaf 12:30 bedien word. Dui asseblief aan of u spesiale dieetvoorkeure het.

 

RSVP teen 9 Maart 2018
Patsy van de Rheede
Tel: 021 808 3563
E-pos: pvrheede@sun.ac.za