Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sosiale Impak Oriëntering Sessie
Begin: 04/04/2018, 08:00
Einde: 04/04/2018, 14:00
Kontak:Howard Gordon - 021 808 3645
Plek: Africa Centre for HIV/AIDS Management
Die Afdeling vir Sosiale Impak nooi alle nuwe en bestaande akademiese en professionele administratiewe ondersteuningsdienste personeel uit na ‘n Sosiale Impak oriëntasiesessie. 


Universiteit Stellenbosch is daartoe verbind om kennis en kundigheid te gebruik om provinsiale, nasionale en internasionale ontwikkelingsdoelwitte aan te spreek ten einde ‘n betekenisvolle bydrae te lewer tot positiewe sistemiese sosiale impak.

Die doel van die geleentheid is om deelnemers bekend te stel aan Sosiale Impak as ‘n strategiese prioriteit van die US soos verduidelik word in die Sosiale Impak Strategiese Plan 2017-2022; om ‘n oriëntering te verskaf met betrekking tot die konsepte en praktyke van betrokke akademieskap en betrokke burgerskap; en om die ondersteuning wat deur die Afdeling vir Sosiale Impak gebied word uit te lig.

Teen die einde van die oriëntasiesessie, sal deelnemers ‘n duidelike begrip hê van die Universiteit se visie in terme van die verhoging van samelewingsimpak en hoe die Afdeling vir Sosiale Impak ‘n instaatstellende rol speel om personeel en studente te ondersteun om hierdie visie te volvoer.

Deelnemers sal ook ‘n geleentheid hê om ander kollegas wat by sosiale impak inisiatiewe betrokke is te ontmoet wat ‘n geleentheid sal bied tot gesaamentlike leer en samewerking.

Datum: 4 April 2018
Tyd: 08:30-13:00
Plek:
Afrika Sentrum vir HIV/VIGS Bestuur

RSVP asseblief teen 23 Maart 2017 na Howard Gordon – howard@sun.ac.za