Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Moderne wetenskap se blik op die werklikheid
Begin: 06/04/2017, 18:00
Einde: 06/04/2017, 20:00
Kontak:Wiida Basson -
Plek: Mathematical Sciences & Industrial Psychology Building, Lecture hall 1005

​Die Departement Fisika nooi u vriendelik uit na 'n openbare lesing deur Dr Christophe Galfard oor hoe die moderne wetenskap vandag die werklikheid sien.

Dr Galfard is op besoek in Suid-Afrika op uitnodiging van Willem en Makkie Joubert, vriende van die Universiteit Stellenbosch. Die egpaar ondersteun die bevordering van kwantum fisika onder die algemene publiek in Suid-Afrika. Hul ondersteuning toon die waarde van venootskappe tussen die privaat sektor en universiteite om kennisverkryging aan te moedig.

Meer oor dr. Galfard

Christophe Galfard het 'n Ph.D in teoretiese fisika van Cambridge Universiteit, waar hy vanaf 2000 tot 2006 onder leiding van die wêreldbekende Stephen Hawking studeer het.  Hy is die skrywer en mede-skrywer van verskeie boeke en bevorder die verspreiding van moderne wetenskaplike kennis deur openbare lesings en onderhoude op radio en televisie. Sy eerste nie-fiksie boek, The Universe in your hand, is in 2015 deur Macmillan gepubliseer. Die boek is reeds in 19 verskillende lande bekendgestel en was onder die tien topverkopers in Frankryk, Swede en Spanje.

Ligte verversings sal na die lesing bedien word.