Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Manage PermissionsManage Permissions
|
Version HistoryVersion History
FILMFEES: The Shore Break
Begin: 06/03/2016, 20:00
Einde: 06/03/2016, 21:30
Kontak: -
Plek: Pulp Cinema Neelsie

Ontvang die Amnesty International-menseregteprys tydens die Durban Internasionale Filmfees in 2015, asook die beste bestaande dokumentêre film tydens die kykNET Silwerskermfees 2015

Regisseur: Ryley Grunenwald

Die Amadiba-gebied aan Suid-Afrika se skone Wildekus is vir eeue reeds die tradisionele tuiste van die Pondo's. Nonhle, 'n jong eko-toergids, is 'n vurige ondersteuner van haar mense se tradisionele leefwyse binne die bedreigde omgewing waarin hulle 'n bestaan maak. Haar neef Madiba ondersteun egter entrepreneurskap en modernisering en is ten gunste van regeringsplanne om 'n snelweg na 'n titaanmyn in die omgewing te bou. Konflik tussen dié twee is onafwendbaar. Die uitstekende kinematografie en klankbaan, gekombineer met pragtige sand-animasie, getuig waarom dié rolprent met entoesiasme by rolprentfeeste regoor die wêreld ontvang is.  Na afloop van die 10 Maart 14:00 vertoning, gesels Odette Groenewald en Ryley Grunenwald oor hul fassinerende filmprojek.

6 Maart 20:00, 10 Maart 14:00 | Pulp Cinema Neelsie | 90min | R30 | R40 by die deur | Bespreek hier