Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SANLAM MUSIEKFEES: Gereformeerde Blues Band
Begin: 06/03/2016, 20:30
Einde: 06/03/2016, 22:00
Kontak: -
Plek: Spier-amfiteater

​​​Sang: Tonia Selley (Karla Krimpelien)
Kitaar: Willem Móller (Mnr Volume)
Baskitaar: Gary Herselman (Piet Pers)
Dromme en tromboon: Jannie van Tonder (Hanepoot)

Piet Pers, Mnr Volume, Karla Krimpelien en Hanepoot van Tonder? Ja, dis mos die Gereformeerde Blues Band!
Die GBB was die musikale energie agter Johannes Kerkorrel, en hulle enigste studio album 'Eet Kreef', pryk vandag in beide geskiedenisklasse en trotse plateversamelings. Gedurende die laat tagtiger-jare het hulle die gevestigde afrikaner landskap geterroriseer met 'n nuwe rock-&-roll gees, later deur die media as 'boerepunk' gedoop. Saam met ander verdagtes soos Koos Kombuis en Bernoldus Niemand, is die land gedurende die legendariese Voëlvry Toer oorkruis, en die jeug meegesleur die toekoms in... 

Laat die oorspronklike groep muskiante, en 'n paar trawante, u meevoer na 'n tydjie so 'n kwart-eeu gelede, toe hul gees van energie-en-anargie sentraal was tot 'n beweging wat op die nippertjie Suid-Afrika oor die drumpel, 'n nuwe era ingehelp het.

6 Maart 20:30 | Spier-amfiteater | 90 min | R100, R70 (studente) | R120, R90 (studente) by die deur | Bespreek hier