Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nasionale Navorsingstigting (NRF)

 

Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) is deur die Wet op die Nasionale Navorsingstigting (Wet 23 van 1998) as 'n onafhanklike regeringsagentskap gestig. Die NNS se mandaat is om navorsing te bevorder en te ondersteun deur befondsing, menslikehulpbron-ontwikkeling en die voorsiening van die nodige navorsingsfasiliteite ten einde kennisskepping, innovasie en ontwikkeling in alle velde van die wetenskap en tegnologie, ingesluit inheemse kennis, te fasiliteer en sodoende tot die verbetering van die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners by te dra.​