Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Betalings aan US

Die volgende metodes is beskikbaar om betalings aan die Universiteit Stellenbosch te maak:

  1. Kontant by enige kassier of studentetesourier op kampus (Maak asseblief seker dat jy 'n geldige US-kwitansie ontvang wanneer jy kontant betaal.)
  2. Krediet-/tjekkaart by enige kassier of kostepunteienaar op kampus met 'n US-kredietkaart of Blumobi-masjien (In die belang van kaarthouersekuriteit en die hoë risiko van kaartbedrog is 'n handsleutelinskrywingfasiliteit nie meer op US-kredietkaarttoestelle beskikbaar nie. Die kaarteienaar moet self teenwoordig wees en die pin gebruik wanneer hy/sy met die kaart op die toestel tik, die kaart daarin steek of die kaart deur die toestel trek.)
  3. Tjek, uitgemaak aan die Universiteit Stellenbosch, by enige kassier op die kampus
  4. Elektroniese Fondsoorplasing (EFO-betaling), direk in 'n geldige US-bankrekening (Vir vinnige toewysing aan die korrekte kostepunt of debiteurerekening, stuur asseblief die bewys van betaling na sunbank@sun.ac.za)
  5. EeziPay is 'n geslotelusstelsel waardeur die student 'n gedeelte op die EeziPay-portaal laai, wat óf as 'n voorbetaling óf op die student se rekening betaal word. Slegs US-gemagtigde dienste word tans in hierdie stelsel gebruik (byvoorbeeld drukwerk en maaltye). Die studentekaart word gebruik om vir die dienste by 'n toegewese EeziPay-kaartleser te betaal. Die Departement Kommersiële Dienste aan die US administreer tans hierdie diens.
  6. SUNePay is 'n aanlyn betaalmeganisme om aanlyn betalings via debietkaart, kredietkaart of EFO te ontvang. PayU word gebruik as die betaalpoort wat aan 'n Standard Bank-handelaarsrekening gekoppel is. US-handelaars (verkopers) kan hul spesifieke handelsitem (produk) vir vinnige betaling registreer en toewys. Die betaling is met die US- finansiële stelsel geïntegreer.